2 902 953 libros electrónicos en 111 idiomas
¿No le conviene? No hay problema. Puedes devolver los artículos hasta 30 días
No se equivocará con un vale de regalo. El destinatario puede elegir cualquier producto de nuestra oferta.
Watter Springbok-toetswedstryd het die minste toeskouers nog gelok? Wie was in 1981 die nie-amptelike armdruk-kampioen in die Springbokspan op die toer in Nieu-Seeland? Watter Springbok-slot het 'n glasoog gehad? Welkom by die top rugby-vasvraboek vir ware rugbyliefhebbers! Springbok-rugbyvasvra put uit die rugby-kennisskat in 'n hoogs vermaaklike manier: dit bevat 1001 vrae en antwoorde. Rugby-fanatici kan nou die mees verregaande staaltjies geniet, sowel as die koue, harde feite en statistieke oor di sportsoort waaroor almal gaande is.Di deeglik nagevorsde boek dek die volle spektrum van ons rugby geskiedenis, van die eerste toetswedstryd in 1891 tot vandag toe. Die boek het twee afdelings: toets jou kennis deur die vraag in die eerste afdeling te lees, en gaan dan jou antwoord na in die tweede afdeling. Rugbybewonderaars sal ongetwyfeld meer as genoeg uitdagings tussen die menige vrae wat hier byeengebring is, vind. En, as spesiale bonus, sluit die skrywer ook sy droomspan in - die beste spelers van alle tye in een superspan. Prettig, informatief en feitelik - 'n mt-lees vir almal wat rugbymal is.
¡Hola! Soy Libroamiko, tu asesor de libros.
¿Cómo puedo ayudarte?