2 888 154 libros electrónicos en 110 idiomas
¿No le conviene? No hay problema. Puedes devolver los artículos hasta 30 días
No se equivocará con un vale de regalo. El destinatario puede elegir cualquier producto de nuestra oferta.
Hasta 30 días para devoluciones
Verskeie groepe mense het net betyds bewus geword van die verskriklike plaag wat die wêreld in totale anargie gaan dompel en het hulleself so goed as moontlik probeer vestig. Die dag voordat die plaag uitbreek, skarrel almal om hulle gereed te kry te midde van onenigheid en wantroue. Die okkult wat die plaag oor die wêreld gebring het, het 'n groepie uitverkorenes. Hierdie groepie onder leiding van professor Johan de Ridder, 'n afgetrede viroloog, het 'n missie om te vervul. Hulle moet 'n seldsame draer vind wat bestand is teen die virus, én by 'n span wetenskaplikes uitbring wat dan saam met professor Johan die kuur sal ontwikkel om sodoende die ellende op aarde tot 'n einde te bring.
Verskeie afgesonderde groepe moet oorleef en voorrade onderhou tussen die plunderaars en hoogs aansteeklike mense wat verander het in mensvretende monsters wat op gesonde bloed jag maak. Die meeste oorlewendes is onbewus van die sinistere rolspelers wat heimlik in die agtergrond dinge manipuleer. Nie almal beplan dieselfde uitkoms sou professor Johan de Ridder en sy span wetenskaplikes 'n draer vind nie.
Hierdie is roman 2 van "Die Skrif van Onheil" reeks. roman 1 is "Wanneer Onheil Liefde bring".
¡Hola! Soy Libroamiko, tu asesor de libros.
¿Cómo puedo ayudarte?