2 871 419 libros electrónicos en 110 idiomas
¿No le conviene? No hay problema. Puede devolverlo en un plazo de 30 días
No se equivocará con un vale de regalo. El destinatario puede elegir cualquier producto de nuestra oferta.
Política de devolución de 30 días
Karoliena Kapp is 'n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Sy is mooi en word gou raakgesien deur Johannes, 'n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van armoede losgewikkel het. Nog voordat sy twintig is, word sy met hom afgetrou en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir 'n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug. Terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: Wie's-jy, wie's-jy.